Local sportSport

Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Rietboktak se eerste skietdag lok 46 skuts

Morné Barnett is die algehele mans-wenner van die dag. Jacques van den Berg is in die tweede plek en Ben van der Merwe in die derde plek.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak het Saterdag, 12 Januarie hulle eerste skietdag vir die nuwe jaar aangebied.

Die kompetisie het by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind. 46 skuts het die bloedige hitte trotseer om aan die skietdag deel te neem.

Morné Barnett is die algehele mans-wenner van die dag.

Jacques van den Berg is in die tweede plek en Ben van der Merwe in die derde plek.

Die algehele wenner in die vroue-afdeling is Izél Barnett gevolg deur Felicia Koch in die tweede plek en Sanet Roets in die derde plek.

Die ander uitslae is: 

Roelf Botha is die wenner in die veteraan zebra-afdeling, gevolg deur Tok van Schalkwyk.

Morné Barnett is in die eerste plek in die senior mans-afdeling, met Jacques van den Berg tweede.

Izél Barnett het in die eerste plek geëindig in die vroue-afdeling met Sanet Roets in die tweede plek.

Tok van Schalkwyk is aangewys as die wenner in die vetraan semi-automatiese-afdeling. Die wenner in die senior mans-afdeling was Louis Geldenhuys. In die vroue-afdeling het Izél Barnett eerste geëindig.

Die wenner van die veteraan haelgeweer-afdeling was Tok van Schalkwyk.

Bennie du Plooy is aangewys as die wenner in die senior mans-afdeling. Felicia Koch het die eerste plek gehaal in die vroue-afdeling.

Lourens Koch mik om die kleiduiwe tydens die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak se eertse skietdag raak te skiet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button