Ermelo skuts skiet raak tydens LJV se driegeweer-skietkompetisie
Pieter Ackermann is die wenner is die super senior-afdeling, gevolg deur Johan David Smith tweede en Costas Klonaris derde.
Jan-Harm Hugo is die algehele wenner van die driegeweer-skietkompetisie wat Saterdag, 9 Februarie by die Klipfontein-skietbaan plaasgevind het.
Die Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het die kompetisie aangebied.
Pieter Ackermann is die wenner van die super senior-afdeling, gevolg deur Johan David Smith tweede en Costas Klonaris derde.
In die senior-afdeling het Marius Grobbelaar in die eerste plek geëindig, gevolg deur Jan-Harm Hugo tweede, Coenrad Groenewald derde, Thys Swart vierde en Rudi Snyman in die vyfde plek.
Christo Botha het in die sesde plek geëindig met, Deon Richard du Plessis sewende, Riaan Geldenhuys agtste, Pieter de Beer negende en Rikus Pretorius 10de.
Melissa du Plessis het in die junior vroue-afdeling eerste plek ingeneem.
In die senior vroue-afdeling het René de Beer in die eerste plek geëindig met, Antoinette du Plessis in die tweede plek en Tessa Steyn in die derde plek.
Pieter de Beer Jnr het die junior seuns-afdeling gewen met, Rudie Snyman Jnr tweede, Jeandre Burger derde, Driaan Geldenhuys vierde en Sean du Plessis vyfde.
Die klub se volgende skietdag sal Saterdag, 23 Februarie by Klipfontein-skietbaan plaasvind.





