John Whatley is algehele wenner van EDPC se handwapen klubskiet-kompetisie
Victor Borges is aangewys as die akkuraatste skut van die dag, met Johnny dos Reis tweede en Pieter Randell in die derde plek.
John Whatley is die algehele wenner van Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) se Handwapen klubskiet-kompetisie wat Saterdag, 16 Februarie plaasgevind het.
Die kompetisie het by Vlakfontein-skietbaan op die Chrissiesmeer-pad plaasgevind.
Vyf bane is vir die dag opgestel met vyf verskillende scenario’s, waar elke skut die geleentheid gekry het om teen tyd die baan te voltooi.
Whatley wat eerste geëindig het met ’n tyd van 63.17 sekondes is gevolg deur Victor Borges in die tweede plek met ’n tyd van 75.24 sekondes, en Johnny dos Reis derde met ’n tyd van 78.53 sekondes.
In die vierde plek was Loekie Jansen van Rensburg (104.34 sek), Vivian Whatley (107.82 sek) was vyfde, gevolg deur Gert Jansen van Rensburg sesde, Pieter Randell sewende,
Cecelia Beukes agtste, Ernst Jansen van Rensburg negende en Lodewyk Pretorius 10de.
Victor Borges is aangewys as die akkuraatste skut van die dag, met Johnny dos Reis tweede en Pieter Randell in die derde plek.






