Local sportSport

Ermelo Hengelaars geniet kompetisie by Grootdraai-dam in Standerton

Die wenner van die senior-afdeling was Hermann Fourie met 34 visse (13,974kg), Dries Smit was tweede met 26 visse (10,215kg) en Jaco Oosthuizen derde met 21 visse (9,846kg).

Ermelo Hengelklub het Sondag, 10 Februarie hul maandelikse hengelkompetisie by Grootdraai-dam in Standerton aangebied.

Altesaam 14 hengelaars het deelgeneem en 205 visse is ingeweeg met ‘n totale massa van 84,918kg.

Met die donderweer wat die hengelaars die laaste uur en ‘n half geteister het, het dit steeds baie goed gegaan.

Deandré Smit het in die junior 0/13-afdeling twee visse gevang met ‘n gewig van 0,763kg en Angeliqué Engelbrecht het ook twee visse gevang met ‘n gewig van 0,570kg.

In die junior 0/19-afdeling het Erhardt Kruis 10 visse ingeweeg met ‘n gewig van 4,372kg en het ook die grootste spesie (karp) 0,771kg in die afdeling gevang.

Alice Smit het die eerste in die vroue-afdeling geneem met 20 visse gevang en ‘n gewig van 8,976kg, met Evette Groenewald tweede met 17 visse met ‘n gewig van 7,072kg,

Stephnie Oosthuizen derde met ses visse en ‘n gewig van 2,156kg. Lizelia Engelbrecht het in die vierde plek geëindig met drie visse in die net met ‘n gewig van 0,825kg en Nadine Engelbrecht vyfde met twee visse met ‘n gewig van 0,886kg.

Evette Groenewald het die grootste geelvis gevang (0,736kg), Alice Smit die grootste karp (1,113kg) en Lizelia Engelbrecht het die grootste moddervis gevang (0,241kg).

Die wenner van die senior-afdeling was Hermann Fourie met 34 visse met ‘n gewig van 13,974kg, Dries Smit was tweede met 26 visse en ‘n gewig van 10,215kg en Jaco Oosthuizen derde met 21 visse en ‘n gewig van 9,846kg.

Charlie Groenewald het die vierde plek ingeneem met 21 visse in die net met ‘n gewig van 8,676kg, gevolg deur Albert Stoop met 21 visse en ‘n gewig van 8,586kg en Rhyno Swartz met 20 visse en ‘n totale gewig van 8,001kg.

Hermann Fourie het die grootste geelvis gevang met ‘n gewig van 0,750kg

Jaco Oosthuizen die grootste karp met ‘n gewig van 0,820kg asook die grootste moddervis met ‘n gewig van 0,457kg.

Hermann Fourie is met 34 visse met ‘n gewig van 13,974kg aangewys as die wenner in die senior-afdeling. Hy het ook die grootste geelvis gevang (0,750kg). (Foto verskaf)
Dries Smit is in die tweede plek in die senior-afdeling met 26 visse en ’n totale gewig van 10,215kg. (Foto verskaf)
Evette Groenewald met 17 visse met ’n gewig van 7,072kg in die tweede plek in die vroue-afdeling. Sy het ook die grootste geelvis gevang (0,736kg). (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button