Local sportSport

Ermelo Stoeiklub staan uit by die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie kampioenskap in Kaapstad

Ermelo se drie stoeiers het in die top 3 van hulle onderskeie afdelings geëindig.

Drie stoeiers verbonde aan Ermelo Stoeiklub het op Vrydag, 15 Maart en Saterdag, 16 Maart, aan die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie (SASF)-kampioenskap deelgeneem.

Die kampioenskap het by die Velodrome Stadium in Kaapstad plaasgevind.

Ermelo se drie stoeiers het in die top drie van hulle onderskeie afdelings geëindig.

Marno Botha het ‘n silver medalje in die president vrystyl-afdeling ontvang.

Andre Robertson het in die president-afdeling ‘n brons medalje verower en De Wet Luüs ook ‘n brons medalje gekry.

Ermelo se stoeiers is voor Marno Botha, De Wet Luüs en André Robertson. Agter is mnr. Reghardt van Niekerk (afrigter). (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button