Local sportSport

EHS-seunshokkie en netbalspanne meet kragte teen Oosterland

Oosterland het hard terug geveg en die wedstryd het gelykop met twee doele elk geëindig.

Hoërskool Ermelo se eerste seunshokkie- en netbalspanne het op Dinsdag 16 April teen Hoërskool Oosterland te staan gekom.

Die seunshokkiespan het hulle vierde ligawedstryd gespeel.

André-Dale Groenewald en Charis Brundyn het elk ‘n doel vir EHS aangeteken, terwyl Lungelani Nhlapo, die Erries se doelwagter, hom uitstekend van sy taak gekwyt het en bankvas voor die doelhok gestaan het.

Oosterland het hard terug geveg en die wedstryd het gelykop met twee doele elk geëindig.

Al die spanne het hulle wedstryde gewen en die uitslae getuig van die spelers en afrigters se harde werk.

Hou die Hoëvelder dop vir al die netbaluitslae van dié kragmeting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button