Local sportSport

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyspanne oorrompel Rob Ferreira

Die eerste rugbyspan het in 'n skitterende wedstryd gewys dat hulle 'n span is wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby- en seunshokkiespanne het op Saterdag 11 Mei kragte teen Hoërskool Rob Ferreira gemeet.

Die wedstryde het op Ligbron se velde plaasgevind.

Ligbron se seuns het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en in al die wedstryde as die wenners van die veld afgestap.

Die eerste rugbyspan het in ‘n skitterende wedstryd gewys dat hulle ‘n span is wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Die span het daarin geslaag om meer as een keer vanaf die afskop die balbesit te behou en agter die pale gaan kuier.

Rob Ferreira kon slegs drie drieë teen die span aanteken.

Ligbron se manne het met ’n eindtelling van 85-17 met die span afgereken.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button