Local sportSport

Ligbron Akademie vir Tegnologie deur na eindronde na sege teen EHS-rugbyspan

Dit was so hittete of EHS spog bykans weer met ’n drie nadat hul losskakel, Walter Visser, met ’n parmantige steekskoppie, wat net te hard van die voet afgekom het, ’n voetresies tussen Christiaan van der Merwe en ’n Ligbron teenstander voortgesit het, die doodlyn het toe nou eindelik dié resies gewen.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerstespan het die afgelope naweek die eerstespan van Hoërskool Ermelo 35-20 kafgedraf in die halfeindronde van die Mpumalanga Grootskole-liga.

EHS het met mag en mening die eerste helfte op ’n positiewe noot begin, deur binne etlike minute die telbord te laat oorrol.

Ligbron se manne kon ’n sug van verligting slaak toe EHS se verdoelskop onsuksesvol was.

Dit was nie lank hierna nie of Ligbron het met ’n goeie stukkie aanvalswerk van hul eie, die verdediging van EHS gepenetreer gaan druk en met ’n moeilike verdoelskop geslaag.

Dit was so hittete of EHS spog bykans weer met ’n drie nadat hul losskakel, Walter Visser, met ’n parmantige steekskoppie, wat net te hard van die voet afgekom het, ’n voetresies tussen Christiaan van der Merwe en ’n Ligbron teenstander voortgesit het, die doodlyn het toe nou eindelik dié resies gewen.

Ligbron het die tempo egter hierna opgetel en met verskeie saamgevlegte aanvalsbewegings hul teenstanders onkant gevang, punte aangeteken en met ’n ferm voorsprong rustyd binnegegaan.

Die rustydtelling was 21-8 en vir EHS het daar baie opvangwerk voorgelê.

Kyk uit vir die volledige berig in die Hoëvelder in die komende weke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button