Local sportSport
“Die Bestuur” wen Laeveld Jagtersvereniging se pretskietdag
Die wenspan was “Die Bestuur”, gevolg deur “Boeretroos”-span in die tweede plek en “Re-Loads”-span in die derde plek.
Die Ermelo Laeveld Jagtersvereniging (LJV) se jaarlikse pretskiet het op 14 September plaasgevind.
’n Totaal van agt spanne, wat uit vier skuts bestaan, het aan die verskeie skietitems deelgeneem.
Die hoefystergooi het vir baie pret en verassings onder die manne wat dié item onderskat het, gesorg.
Me. Ansuné Neethling, van Laeveld Jagtersvereniging, het gesê: “Die kompetisie was kop-aan-kop en daar moes gewag word tot die laaste spanne klaar geskiet het, voor die wenners bepaal kon word.”
Die wenspan was “Die Bestuur”, gevolg deur “Boeretroos”-span in die tweede plek en “Re-Loads”-span in die derde plek.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



