Local sportSport
Ermelo rolbalspelers neem deel aan interdistrikte-rolbaltoernooi
Laeveld A het die vroue se ope-kompetisie met 34 punte gewen, met Sentraal in die tweede plek met 19 punte, Hoëveld derde met 13 en Laeveld B vierde met ses punte.
Die Hoëveld-distrik het op 21 en 22 September die mini-interdistrikte rolbaltoernooi aangebied.
Ermelo het die vroue-toernooi aangebied, terwyl die mans in Secunda deelgeneem het.
Laeveld A het die vroue se ope-kompetisie met 34 punte gewen, met Sentraal in die tweede plek met 19 punte, Hoëveld derde met 13 en Laeveld B vierde met ses punte.
Die vroue-veterane van Sentraal het dié afdeling met 27 punte gewen.
Laeveld B het met 17 punte tweede geëindig, gevolg deur Laeveld A in die derde plek wat ook 17 punte aangeteken het en Hoëveld was vierde met 11 punte.
Die veterane-mans van Laeveld A het dié afdeling met 25 punte gewen, met Sentraal op 22 punte in die tweede plek, en Hoëveld met 13 punte in die derde plek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!