Local sportSport

Ermelo Stoeiklub verkies nuwe bestuur

’n Nuwe bestuur is tydens die vergadering verkies en mnr. Reghardt van Niekerk is weer as die voorsitter verkies.

Ermelo Stoeiklub het op 23 Oktober hul algemene jaarvergadering by die klub aangebied.

Die vergadering is deur mnr. Koos Geringer geopen, waarna die voorsitter mnr. Reghardt van Niekerk almal verwelkom het.

’n Nuwe bestuur is tydens die vergadering verkies en mnr. Reghardt van Niekerk is weer as die voorsitter verkies.

Mnr. Christiaan Winkler is gekies as die nuwe ondervoorsitter, mnr. Dries Botha as die spanbestuurder en mnr. Willemjan Human as die afrigter.
Me. Dorothy Luüs en me. Marthie Botha is gekies vir die sekretarisse, me. Desré van Staden as die hulp sekretaris en me. Elsie Brits as die tesourier.
Me. Silvija Breytenbach is as ’n beampte gekies en me. Mandie Steynberg is gekies vir die Pumatjies-stoeiers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button