Local sportSport

Kralinbergh parkrun atlete wys hulle ondersteuning vir die Bokke

Jaclyn Venter, Zara-Brezette Büchling en Carissa Venter was die eerste drie vroue-atlete wat die parkrun voltooi het.

’n Totaal van 81 atlete het op 2 November tydens die Kralinbergh parkrun, hul ondersteuning vir die Bokke, wat later dié dag in die eindronde van die Wêreld Rugby Beker meegeding het, gewys.

Dié atlete het in groen en goud die 5km roete aangepak.

Zara-Brezette Büchling dra haar Springboktrui met trots tydens die 51ste Kralinbergh parkrun.

RD Engelbrecht het eerste oor die eindstreep gehardloop en ook sy persoonlike beste tyd van 24:32 aangeteken, met Tommie Jacobs en Andrew Mathibele kort op sy hakke.

Jaclyn Venter, Zara-Brezette Büchling en Carissa Venter was die eerste drie vroue-atlete wat die parkrun voltooi het.

’n Totaal van 16 atlete het hulle persoonlike beste tye aangeteken en 15 atlete het vir die eerste aan die parkrun deelgeneem.

Maak seker om jou kopië van die Hoëvelder te kry, vir die volledige berig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button