Local sportSport
Luché Geldenhuys behaal tweede plek by MDS Nasionale kompetisie
Sy is sedert 2018 ’n junior lid van die SA Jagters Rietbok-tak, waar sy ’n toegewyde skut in die Multi Dissiplinêre Sportskiet is.
Luché Geldenhuys van Ermelo Christian School het onlangs ’n tweede plek by die Nasionale kompetisie vir Multi Dissiplinêre Sportskiet (MDS) behaal.
Sy is sedert 2018 ’n junior lid van die SA Jagters Rietbok-tak, waar sy ’n toegewyde skut in die Multi Dissiplinêre Sportskiet is.
LEES OOK:
Luché was genooi om gedurende Oktober 2019 aan die Nasionale kompetisie in Welkom deel te neem.
Mnr. Charles Robberts, voorsitter van SA Jagters Rietbok-tak, het gesê: “Vir skuts van dié tak is die MDS nog ’n redelike nuwe skietafdeling, en het Luché haar uiters goed van haar taak gekwyt.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



