Ermelo dominees nooi ander uit na parkrun
Lede van die Jacobs-gesine het die eerste vier plekke ingeneem met Arno Jacobs in die eerste plek, gevolg deur Edward Jacobs, Stephan Jacobs en Tommie Jacobs.
Ds. Jaco van Niekerk van die NG Moedergemeente en past. ZD Büchling van die AGS Groeipunt-gemeente Ermelo het tydens die parkrun wat op 4 Januarie plaasgevind het, die ander dominees en pastore van die dorp uitgedaag om ook aan die weeklikse parkrun deel te neem.
’n Totaal van 80 atlete het die eerste parkrun vir die nuwe jaar by Kralingbergh aangepak.
Dit was die 58ste wedloop wat in Ermelo aangebied is.
Van die 80 atlete het vyf vir die eerste keer aan die wedloop deelgeneem en agt atlete het hulle persoonlike beste tyd opgestel.
Lede van die Jacobs-gesine het die eerste vier plekke ingeneem met Arno Jacobs in die eerste plek, gevolg deur Edward Jacobs, Stephan Jacobs en Tommie Jacobs.
Alle Ermeloërs word genooi om by die Kralingbergh parkrun aan te sluit.
Dit vind elke Saterdag om 8vm by Kralingbergh Gastehuis op die Breyten-pad plaas.



