In bibberweer spat atletiekrekords op Ermelo
Die oggend was aan ’n snerpende windjie met ligte reën gekenmerk, maar dit het nie atlete wat kookwater-atletiek opgelewer het, enigsins belemmer nie.
Atlete het op 25 Januarie teen alle verwagtinge weens biberweer, een rekord na die ander laat spat.
Ligbron Akademie vir Tegnologie het gasheer vir die Dup van Rensburg-Atletiekbyeenkoms gespeel waartydens atlete van Nelspruit, Pongola, Delmas, Lydenburg en natuurlik Ermelo se eie Ligbron Akademie vir Tegnologie, meegeding het.
Die oggend was aan ’n snerpende windjie met ligte reën gekenmerk, maar dit het nie atlete wat kookwater-atletiek opgelewer het, enigsins belemmer nie.
Atlete het met determinasie laat spaander, moeiteloos oor latte en hekkies geseil, met fors sand in die verspringputte laat plof, gewigstootballe, spiese en diskusse deur die lug laat woer-woer en altemit vir vele hoendervleisoomblikke gesorg.
SIEN OOK: GALERY – Rekords spat by Ligbron Akademie vir Tegnologie
Die Liggies-span is tydens die byeenkoms as die wenspan aangekondig met verskeie plaaslike atlete wat met top prestasies gespog en medaljes ingepalm het.
Kwanele Nkambule is as Senior Victor Ludorum asook Beste Senior Baanatleet aangewys met Zené Jonker ook as Beste Senior Baanatleet en Nicole Struwig as die Beste Junior Veldatleet.