Local sportSport

Skuts laat die skote klap tydens SAJWV-skietdag

Letitia van Rooyen het in die vroue-afdeling by dié afdeling geseëvier, met Cecelia Beukes in die tweede plek en Cheryl Geldenhuys derde.

Skuts van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het op 8 Februarie hul gewere gelaai en by Vlakfonteinskietbaan meegeding.

In die handwapen-afdeling het Johan Jonker eerste in die Veteraan-groep geëindig, gevolg deur Charles Robberts en Ben Oelofse.

Letitia van Rooyen het in die vroue-afdeling geseëvier, met Cecelia Beukes in die tweede plek en Cheryl Geldenhuys derde.

Danie Venter het die junior S0/18-afdeling gewen, terwyl Ilonke Kampman die junior D0/13 gewen het en Luche Geldenhuys die junior D0/18 se wenner was.

Die SAJWV se volgende skietdag sal op 14 Maart by Vlakfonteinskietbaan plaasvind.

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button