Local sportSport

Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging Rietboktak bied geborgde skietdag aan

Die “Overwatch”-span is aangewys as die wenner van die dag, met “Y-nots” tweede, en “Steel Snipers” in die derde plek.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak het op 14 Maart hul jaarlikse “gong”-skietdag by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeer-pad aangebied.

Altesaam 27 spanne (108 skuts) het vir die dag ingeskryf en vroegoggend bymekaar gekom.

Die spanne is in groepe verdeel, waarna die dag se verrigtinge afgeskop het.

Daar is ses bane vir die dag opgestel.

Die “Overwatch”-span is aangewys as die wenner van die dag, met “Y-nots” tweede, en “Steel Snipers” in die derde plek.

’n “Powergong” was aangebied waar elke skut hulle eerste skoot verniet kon skiet en daarna R50 vir elke skoot indien hy nog wou probeer, moes betaal.

Jan Lottering van die “Overwatch”-span het die “Powergong” gewen.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button