Local sportSport

Chanté Boonstra van Ermelo ’n volwaardige gholfkampioen

Dié kranige 20-jarige het reeds op die ouderdom van nege saam met haar oupa, mnr. George Smith en haar pa, mnr. Rudi Boonstra die gholfbaan leer ken.

Chanté Boonstra het onlangs by Ermelo Gholfklub vir die agste agtereenvolgende jaar as die vroue klubkampioen weggestap.

Dié gesogte titel het sy vir die eerste keer in 2013 op die ouderdom van slegs 13 bekom en sederdien elke jaar daarna.

Dié kranige 20-jarige het reeds op die ouderdom van nege saam met haar oupa, mnr. George Smith en haar pa, mnr. Rudi Boonstra die gholfbaan leer ken.

Boonstra het vertel dat sy eers net balle rond geslaan het om haarself besig te hou terwyl hulle gespeel het, maar haar liefde vir die sport het vinnig ontwikkel.

Sy en haar oupa het voor sy dood byna elke dag gaan gholf speel en sy het op die ouderdom van 11 vir die eerste keer aan kompetisies deelgeneem.

Hoewel sy nog nie ’n kolhou geslaan het nie, hoop sy om een binnekort agter haar naam te kan skryf.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button