Local sportSport

Ermelo RC-klub se lede ryg die trofeë in

PC van Dyk se kar is in die Euro Truck-klas as die mooiste aangewys, Wessel van der Merwe s'n in die Mini Class en Breytenbach s'n in die Touring Car Class.

Lede van die Ermelo RC-klub het op 14 November aan die laaste ronde van die Tamiya Cup in Middelburg deelgeneem.

Die klub het altesaam 20 trofeë vir die seisoen gewen.

Oros van der Walt het daardie dag die Euro Truck-klas gewen, en hy was eerste vir die seisoen in hierdie klas. Kenny Collins was tweede. Op die dag het Collins ‘n eerste plek in die Touring Open Stock-klas verower.

Hy was ook die wenner van die klas vir die seisoen, Christo Bouwer was tweede en Chris Derkson derde.

In die Mini Class het Conraad Erasmus derde geëindig.

Van der Walt en Wors Breytenbach het onderskeidelik tweede en derde plek in die Touring Super Stock-klas vir die seisoen behaal. In die F1-klas het John Steyne tweede en Janice Storm derde geëindig.

In die GT Mods-klas was Steyne eerste, Storm tweede en Breytenbach derde.

Ermelo RC-klub het ook drie trofeë vir die mooiste karre van die dag ontvang.

PC van Dyk se kar is in die Euro Truck-klas as die mooiste aangewys, Wessel van der Merwe s’n in die Mini Class en Breytenbach s’n in die Touring Car Class.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button