Local sportSport

Errie-seunshokkie meet kragte met Oosterland

Die eerste span het hul teenstanders 2-1 geklop, met CJ van Huyssteen en Carel Jacobsz wat EHS se doele aangeteken het.

Hoërskool Ermelo se seunshokkiespanne het op 2 Maart vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Oosterland gespeel.

Die wedstryde is ter voorbereiding van die ligawedstryde gereël wat binnekort weer begin.

Die eerste en o. 16-span het dié wedstryde gebruik om hul spanne vir die seisoen te finaliseer.

EHS se o. 16-span het 1-1 gelykop geëindig met Ruan Ludwig wat EHS se doel geskiet het.

Die eerste span het hul teenstanders 2-1 geklop, met CJ van Huyssteen en Carel Jacobsz wat EHS se doele aangeteken het.

EHS se hokkieseuns sal op 9 Maart die hokkieliga teen Hoërskool Secunda begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button