Tomahawks behaal sege in eindstryd en bring Proteabeker terug Ermelo toe
Volgens die span se afrigter, mnr. Bennette Burger, is dit die eerste keer in vier jaar se harde rugbyliga wat Ermelo weer die beker huis toe bring.
Die Tomahawks-rugbyspan het op 12 Maart teen die Marblehall Leopards in die eindstryd van die Proteaabeker te staan gekom.
Die manne van Marble Hall het sommer vroeg in die eerste helfte van die stryd gewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou.
Die Tomahawks het egter nie gaan lê nie, en met ’n rustydtelling van 20-24, kliphard teruggeveg.
Ermelo het in die laaste 20 minute die oorhand gekry en hul goeie verdediging en aanval, het verseker dat hulle met ’n wentelling van 32-30 van die veld af gedraf het.
Volgens die span se afrigter, mnr. Bennette Burger, is dit die eerste keer in vier jaar se harde rugbyliga wat Ermelo weer die beker huis toe bring.

Ermelo se sewe drieë is deur Sindiswa Mbokane (3), Mike Ludick (1), Deon Minnaar (1), Siyabonga Menzi (1) en Luigi Cirigliano (1) aangeteken.
Jeandré Muller en Baruch Büchling het elk met een doelskop geslaag.
Mnr. Burger het bygevoeg dat daar nie ’n speler van die wedstryd aangewys is nie, omdat elkeen hul deel gedoen het om die beker huis toe te bring.
“Dankie aan elke speler wat die seisoen die moeite werd gemaak het, en die ondersteuners wat met ‘n goeie gees die span ondersteun het,” het mnr. Bruger afgesluit.



