Ermelo-drawwers durf nóg ‘n parkrun aan
Alida de Jager, Lakesh Maharaj, Joseph de Jager, Theodor Boshoff, Louise Jacobs, Alta Roux en Teriesa Serfontein is die vrywilligers wat dié week se parkrun moontlik gemaak het.
Ermelo se drawwers het op 12 Maart weer hul drafskoene aangetrek en die 5 km-roete van die Kralinbergh-parkrun aangepak.
Tommie Jacobs het met ’n tyd van 25;40 eerste oor die eindstreep gehardloop, en Leana Lloyd is tweede in ’n tyd van 27;45.
Sy het ook haar persoonlike beste tyd verbeter.
Alida de Jager, Lakesh Maharaj, Joseph de Jager, Theodor Boshoff, Louise Jacobs, Alta Roux en Teriesa Serfontein is die vrywilligers wat dié week se parkrun moontlik gemaak het.
Sowat 59 drawwers het deelgeneem.

Sewe van die deelnemers het hul persoonlike beste tye aangeteken.
Die organiseerders van Ermelo se parkrun nooi almal uit om aan dié 5 km-roete deel te neem, wat gestap of gedraf kan word.
Die Kralinbergh-parkrun vind elke Saterdag plaas en is gratis vir die publiek.
Diegene wat nie die roete wil stap of draf nie, kan ook hul name opgee om as vrywilligers tydens die parkrun te werk.