Ermelo RC-klub presteer in eerste ronde van Tamiya-beker
Die Super Stock-afdeling se wennerstrofee het saam met Kenny Collins na Ermelo teruggekeer.
Die lede van die Ermelo RC-klub het onlangs aan die eerste ronde van die Tamiya-beker in Middelburg deelgeneem.
Volgens Wors Breytenbach van die klub, het die lede hulle goed van hul taak gekwyt, en met verskeie trofees huis toe gekeer.
In die Euro Trucks-afdeling het Oros van der Walt ’n eerste plek en PC van Dyk ’n tweede plek ontvang.
Van der Walt het ook in die Mini Class ’n derde plek verower.
Christo Botha het in die Open Stock ’n derde plek behaal en Van Dyk in die F1-afdeling ’n derde plek.
Die Super Stock-afdeling se wennerstrofee het saam met Kenny Collins na Ermelo teruggekeer.
In die GT Mods-afdeling het Breytenbach tweede geëindig en Chris Derkson derde.
Die Ermelo RC-klub sal op 27 Maart aan die GRC by Redline Raceway in Johannesburg deelneem.



