Local sportSport

Ermelo-skuts stel hul skietvernuf ten toon

WJ Swart was die algehele manswenner, met Andrew Bekker tweede en Marko Roets derde.

Skuts van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het op 12 Maart hul gewere gelaai en by Vlakfonteinskietbaan aan ‘n skietdag deelgeneem.

Altesaam 27 deelnemers aan die onderskeie afdelings het hul skietvernuf beproef.

WJ Swart was die algehele manswenner, met Andrew Bekker tweede en Marko Roets derde.

In die vroueafdeling was Laetitia van Rooyen die wenner, gevolg deur Leatitia Pretorius en Izél Beylefeld.

Danie Venter het die juniorafdeling gewen.

In die handwapen was Roelf Botha die veteraanwenner, Kobus Venter die senior manswenner, Beylefeld die vroue- en Venter die wenner van die junior seuns.

Die spoedskiethaelgeweerkompetisie het vereis dat die skuts met semi-outomatiese en pompaksiehaelgewere 10 skote op onderskeidelik 20 m en 15 m op teikens afvuur.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button