Gert van der Merwe is Ermelo Gholfklub se klubkampioen
Nieteenstaande die strawwe kompetisie in die A-afdeling, was Niel Clifford tweede en Gary Daniel derde.
Gert van der Merwe het op Saterdag 12 Maart die septer by Ermelo Gholfklub geswaai toe hy as die klubkampioen gekroon is.
Nieteenstaande die strawwe kompetisie in die A-afdeling, was Niel Clifford tweede en Gary Daniel derde.
Ná die eerste nege putjies het Van der Merwe 37 houe geslaan, Clifford 35 en Daniel 38.

Oor die tweede nege putjie het Van der Merwe 33 houe geslaan wat hom ’n totaal van 70 ná 18 putjies gegee het.
Clifford het 38 houe gespeel vir ’n totaal van 73 en Daniel het 35 houe gespeel vir ’n totaal van 73.
Oor die derde nege putjies het Van der Merwe 33 houe gespeel, teenoor Clifford se 34 en Daniel se 36.
Van der Merwe het tydens die laaste nege putjies kop gehou en 34 houe gespeel vir ’n groottotaal van 137 (-7) oor 36 putjies.

Clifford het 35 houe gespeel vir ’n groottotaal van 142 (-2) houe, terwyl Daniel 36 houe gespeel het vir ’n groottotaal van 143 (-1).
Eddie Daniel het in dié afdeling die oggendronde gewen, Bart Delport die middag en Theo Bleeker het die beste nettoprys vir die dag ontvang.
James Nkondo het die B-afdeling gewen met Emile Strydom tweede.
Corrie Swart het in dié afdeling die oggendronde gewen, Gerrie Schoeman die middag en Naudé Kleynhans het die beste nettoprys vir die dag ontvang.

Die wenner van die C-afdeling was Kiewiet Steyn met Nicklaas de Jager tweede en Rinus Voster derde.
Tobie Leibbrandt het in die junior afdeling geseëvier, met Ricci Koch tweede.
Die senior afdeling is oor 18 putjies gespeel en Herman Bosman het eerste geëindig met Alwyn Groenewald tweede.



