Local sportSport

Ermelo RC klub presteer in die stad

Breytenbach het almal wat Ermelo by die kompetisie verteenwoordig het, bedank.

ERMELO – Die lede van die Ermelo RC-klub het onlangs aan die GRC Season 1 by die Redline-renbaan in Johannesburg deelgeneem.

Wors Breytenbach het die Euro Truck-klas gewen en ’n tweede plek in die Mini-klas behaal.

In die 21.5-klas het Oros van der Walt in die tweede plek geëindig.

Lede van die Ermelo RC-klub. Voor: Philip van Dyk, (agter), PC van Dyk, Oros van der Walt, Wors Breytenbach, Riaan van Rooyen, Jonathan Steyn en Kenny Collins. (Foto: Verskaf)

Ermelo het ook die trofeë vir die klub met die beste gees ontvang.

Breytenbach het almal wat Ermelo by die kompetisie verteenwoordig het, bedank.

Die klub se volgende byeenkoms is die Tamiya Cup, wat op 24 April in Meyerton plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button