Local sportSport

Liggies sê HTS Middelburg en Dr. E.G. Jansen die stryd aan

Hokkieafrigters behoort in hul noppies te wees met vele gunstige uitslae vir die seuns- en dogterspanne.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope naweek kragte met HTS Middelburg en Dr. E.G. Jansen in vriendskaplike hokkie- en rugbywedstryde gemeet.
 
Ligbron se rugbyspanne het tydens dié kragmeting gemengde welslae behaal, maar gewys dat hulle beslis mededingend kan wees.
 
Hokkieafrigters behoort in hul noppies te wees met hierdie gunstige uitslae van die seuns- en dogterspanne.
 
 

Rugby (gasheer se telling eerste):
• Dis so hittete vir die o. 14A-span wat hul wedstryd 5-15 verloor.
• Die o. 15A-span moet ongelukkig die knie 17-36 buig.
• Die o. 16A’s verloor 3-45 teen ’n baie dominante E.G. Jansen-span wat uitstekende vaardighede getoon het.
• Ligbron se tweede span wen 27-10.
• Die eerste span stap ook 36-19 teen die tweede span van E.G. Jansen uit die stryd.

 

Hokkie (gasheer se telling eerste):
• Die o. 14A-dogterspan behaal 9-0 teen HTS Middelburg se o. 14B-span.
• Die o. 14A-seunsspan byt in die stof met 0-2 teen die 14A’s van HTS Middelburg.
• Die o. 15A-dogtersspan wen hul kragmeting heel gemaklik met ’n telling van 11-0 teen die  o. 15B-span.
• Die Liggie-dogters se o. 16A’s wen in ’n wegholwedstryd met 13-0 teen HTS se o. 15B-span.
• Die o. 16A-seunsspan wen 3-1 teen die o. 16B-span .
• Liggies se eerste seunsspan maak korte mette van Liggies se tweede span met ’n 11-0 wen.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button