Local sportSport

Modderige enduro sorg vir groot pret

Verskeie bane, wat gewissel het van beginnervlak vir die kleinspan tot meer gevorderde roetes en roetes vir vierwielmotorfietse, het daarvoor gesorg dat enigiemand aan die dag kon kom deelneem.

Die eerste “Funduro” op 21 Mei aangebied deur Overvaal Events, het vroegoggend met ysige koue en reënvlae elke nou en dan, afgeskop.

Dié gure weer het nie die toeskouers of deelnemers se entoesiasme aangetas nie, en almal was ywerig om op die plaas Bührmansvallei deel te neem.

Sowat 61 waaghalsige ryers het die koue, nat weer trotseer.

Die bykans 2 km-lange grondpad voor die baan was maar net klein ‘n voorsmakie van die nat, modderige terrein wat op die ryers gewag het.

Verskeie bane, wat gewissel het van beginnervlak vir die kleinspan tot meer gevorderde roetes en roetes vir vierwielmotorfietse, het daarvoor gesorg dat enigiemand aan die dag kon kom deelneem.

By die wegspring het die gebrul van enjins, warm koffie en heerlike kos gesorg dat die toeskouers warm bly.

Overvaal Events het elkeen wat die dag bygewoon het, vir hul ondersteuning bedank.

Die organiseerders het ook mnr. Johan van der Meulen vir die gebruik van sy grond, die fotograwe van die dag en elke baanbeampte bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button