Local sportSport

Ermelo Brahmane verloor stryd teen Kriel

Sean Duranty is as die voorspeler van die wedstryd aangewys en Zevey Geel was die agterspeler van die wedstryd.

Die Ermelo Brahmane het onlangs die span van die Kriel Sadersklub op AJ Swanepoel Stadion die stryd aangesê.

Die manne van Ermelo moes die knie buig met ’n naelskraaptelling van 16-19.

Ermelo se puntemakers was Zevey Geel en Cabang Mbokane wat elkeen ’n drie aangeteken het.

Nickey Jansen van Rensburg het ook gehelp om punte op die telbord te plaas met twee strafskoppe.

Sean Duranty is as die voorspeler van die wedstryd aangewys en Zevey Geel was die agterspeler van die wedstryd.

Die span het PC’s, McLovin Trading & Supply en Overland Liquor vir hul borge bedank.

“Ons wil ook elkeen wat die wedstryd bygewoon het, vir hul ondersteuning bedank,” het mnr. Bennette Burger, die afrigter, gesê.

Die Brahmane sal op 4 Junie kragte teen Marble Hall op Marble Hall meet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button