Local sportSport

Skuts geniet Mpumalanga-opedag by Vlakfonteinskietbaan

Besoekers van naburige dorpe, en so ver as KZN het die dag bygewoon, waar verskeie bane vir handwapens en groter kaliber gewere opgestel is.

Ermelo Defensive Pistol Club (EDPC) het op 18 Junie die International Defensive Pistol Association (IDPA) Mpumalanga-opedag by Vlakfonteinskietbaan aangebied.

Besoekers van naburige dorpe, en so ver as KZN het die dag bygewoon, waar verskeie bane vir handwapens en groter kaliber gewere opgestel is.

Die dag is met kleiduifskiet afgesluit.

Die top vier skuts is almal van EDPC.

John Whatley was eerste met ’n totale tyd van 72.13 sekondes, gevolg deur GP Janse van Rensburg met 78.90 sekondes, Victor Borges met 82.07 sekondes en Frik Du Plooy met 93.83 sekondes.

Die res van die top 10 skuts se tye was:

• Renier Strydom – 97.40 sekondes
• Vincent Constable – 98.37 sekondes
• Avalon van den Heever – 101.61 sekondes
• WillemJan Human – 107.12 sekondes
• Vivian Whatley – 136.99 sekondes
• Niel Rautenbach – 140.18 sekondes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button