Local sportSport

Brahmane bulk vir eMba

Die Brahmana het gekeer vir wat hul werd is om die wen te verseker.

Die Ermelo Brahmane Rugbyklub het die afgelope naweek gewys wat in hulle steek toe hulle die span van eMbalenhle 27-24 op tuisbodem geklop het.

Die wedstryd is by die AJ Swanepoel Stadium gespeel en ’n goeie klompie ondersteuners het nie vir die koue teruggedeins nie.

Die Brahmane het vroeg in die wedstryd reeds die botoon gevoer.

Zevey Geel, in sy eie kwartgebied, het na ’n vinnige tikskoppie en manjifieke voetwerk, sy span tot diep in die helfte van hul eMba-teenstanders geneem. Geel is met ’n hoogvat by die kantlyn uitgeboender wat tot ’n strafskop gelei het.

GALERY – Ermelo Brahmane Rugbyklub pak eMba aan in naelbytstryd

Met die momentum aan die Brahmane se kant, was dit nie lank nie of ’n goed saamgestelde beweging is in punte omgekeer.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

© Foto’s: Wayne van der Walt

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button