Local sportSport

Megan Herbst-pretloop by Ligbron Akademie vir Tegnologie is om die draai

Die geld wat tydens dié pretloop ingesamel word, sal die lewe van ’n agtjarige seun verbeter.

ERMELO – Die jaarlikse Megan Herbst-pretloop sal op 9 Augustus by die Ligbron Akademie vir Tegnologie afskop.

Die bestuur van die Ermelo Marathonklub het alle inwoners genooi om deel van die 4,9 km-wedloop te wees.

Dit sal om 08:00 begin en die inskrywingsgeld is enige skenking wat voor die wedloop betaalbaar is.

Die bankbesonderhede vir die klub is: Ermelo Marathon Club, Capitec, spaarrekening, rekeningnommer: 1561820766, verwysing: Megan.

Dié wedloop het in 2021 ontstaan, toe die klub besluit het om geld vir Megan, wat met sistemiese jeug- idiopatiese artritis en makrofage-akriveringsindroom gediagnoseer is, in te samel.

Vandaar het hulle die besluit geneem om dit ’n jaarlikse instelling te maak, om kinders in nood te help.

Vanjaar se begunstigde is ’n agtjarige seun wat se grondlegging van sy tande nie reg is nie, weens ’n sindroom waarmee hy as ’n vier maande oue baba gediagnoseer is.

Related Articles

Back to top button