Sport

Megan Herbst-pretloop op Ermelo maak verskil in Eduan se lewe

Jelome Hellerle en Philani Mkhwanazi was die wenners in die vroue- en mansafdeling.

ERMELO – Die jaarlikse Megan Herbst-pretloop het op 9 Augustus by die Ligbron Akademie vir Tegnologie afgeskop om geld vir klein Eduan Jansen van Rensburg in te samel.

Dié wedloop het in 2021 ontstaan toe die klub besluit het om geld vir Megan, wat met sistemiese jeug- idiopatiese artritis en makrofage-akriveringsindroom gediagnoseer is, in te samel.

Megan, wat in 2021 slegs ’n kilometer van die wedloop kon meemaak, het dit vanjaar voltooi.

Haar ma, Jolene Herbst, het op Megan se Facebook-bladsy geskryf: “Die fondse wat benodig was, is ingesamel en deur Megan se fun run kan daardie seuntjie met groot opgewondenheid uitsien na sy operasie wat hom soveel sal help.”

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button