Sport

VIDEO – Hommeltuig vang indrukwekkende uitsig van TWK Assegaai 3-in-1 Marathon

Charka het vanjaar met die louere weggestap vir die beste waterpunt.

Die Assegaai Marathonklub het op 22 Februarie weer eens sy gewilde TWK Assegaai 3-in-1 Marathon aangebied, met afstande van 10 km, 21,1 km en 42,2 km.

Vanjaar het die klub 552 inskrywings ontvang, en 478 atlete het hul onderskeie afstande suksesvol voltooi.

Die wedlope het soos oudergewoonte by die Piet Retief Rugbyklub begin, en die roete het sowat 2 km deur die dorp geloop voor dit op die R543 in die rigting van die Mahamba-grenspos voortgaan.

Sien meer foto’s: HIER

Die roete is ‘n Comrades- en Two Oceans-kwalifiseerder. Die warm weer en ‘n hoogte van sowat 494 m bo seevlak het veral die 42,2 km-wedloop uitdagend gemaak, maar verskeie waterpunte langs die roete het die atlete gehelp om aan te sterk.

Hommeltuigvideo: Jaco Nel

Deelnemers kon weer vir die beste georganiseerde waterpunt stem en Charka het vanjaar met die louere weggestap. PTA Petroleum en WGI het onderskeidelik die tweede en derde plekke ingeneem.

Die marathon het ‘n nuwe baanrekord gesien toe Bonginkosi Mavuso van die Assegaai Marathonklub sy eie 2024-rekord van 02:29:08 verbeter en die 42,2 km-wedloop in ‘n tyd van 02:23:49 voltooi het.

Ilse Nel, voorsitter van die Assegaai Marathonklub asook die res van die uitvoerende komitee, het die atlete wat deelgeneem het, die borge, die mense by die betrokke waterpunte en die vrywilligers bedank.

“Saam het ons die 2025 Assegaai Marathon ons mees suksesvolle wedloop nog gemaak. Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen wat van hierdie geleentheid ‘n sukses gemaak het.”

Sien al die uitslae in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button