Hoërskool Ermelo se spanne skitter in Noordvaal Bowl
EHS-rugbyspanne verras met sterk spel en wipplankuitslae tydens opwindende Noordvaal Bowl-dag in Ermelo.

Hoërskool Ermelo se rugbyvelde was op 7 Junie die tuisveld van ’n reeks intense rugbywedstryde tydens die Rugby Noordvaal Bowl.
Dié dag het gemengde welslae vir die tuisspan opgelewer.
EHS se o. 14A-span het ’n nederlaag van 5-14 ervaar, terwyl die o. 14B-span 21-14 gewen het.
Die o. 15A-span het hul staal gewys met ’n 37-0-oorwinning, wat die skare op hul voete gehad het. Die o. 15B-span het in ’n dominerende spel met 52-12 gewen.

Die o. 16A-span het in ’n naelbytstryd met 30-26 gewen, maar die o. 16B’s het vasgeval en met 17-27 verloor.
Beide die tweede en derde spanne het met ’n oorwinning weggestap. Die derdes het 24-22 gewen en die tweede span het hul teenstanders 26-20 geklop.
Ten spyte van ’n moedige poging het die Erries se eerste span 47-52 verloor, in ’n wedstryd wat die toeskouers op die punte van hulle stoele gehou het tot die eindfluitjie geblaas het.



