Sport

Ermelo Stoeiklub loods fondsinsameling vir WP

Ermelo Stoeiklub het ’n fondsinsameling begin om WP Human te help om Suid-Afrika by die Afrika Kampioenskappe in Egipte te verteenwoordig.

ERMELO – Ermelo Stoeiklub het onlangs ’n fondsinsameling van stapel gestuur om plaaslike stoeier WP Human te help om Suid-Afrika by die Afrika Kampioenskappe in Egipte te verteenwoordig.

Human is gekies vir die o. 20 (97 kg) vrystyl-afdeling en sal van 27 April tot 2 Mei in Alexandrië meeding.

Volgens die klub is dit ’n groot prestasie vir die jong stoeier en ’n trotse oomblik vir Ermelo, maar deelname aan ’n internasionale toernooi bring ook groot koste mee.

Om op die mat te kan staan teen Afrika se beste, moet elke deelnemer ongeveer R45 000 insamel.

Die bedrag dek reis-, verblyf- en deelnamekostes, asook ander uitgawes verbonde aan die toernooi.

Die klub doen ’n beroep op die gemeenskap, plaaslike besighede en ondersteuners om Human te help om dié droom te verwesenlik.

“Elke donasie – groot of klein – maak ’n verskil en help om aan die jong atleet die kans te gun om Suid-Afrika trots te gaan verteenwoordig,” het klubverteenwoordigers gesê.

Donasies kan gemaak word aan: Ermelo Stoeiklub; ABSA; Rekeningnommer: 870310773; Takkode: 632005; Verwysing: WP Egipte

Enige navrae kan gerig word aan afrigter, Reghardt van Niekerk op 082 371 6444.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button