Sport

Ermelo Rugbyklub skop stof van stewels af vir nuwe fase

Lusanda Nkosi was die voorspeler van die wedstryd, terwyl Boetie Mangane met die louere as die beste agterspeler weggestap het.

Sasol van Secunda het op 28 Maart by die AJ Swanepoel-stadion die tuisspan, Ermelo Rugbyklub, met 26-24 geklop nadat die besoekers in die doodsnikke van die wedstryd agter die pale gaan kuier het.

Dié wedstryd, wat om 14:00 afgeskop het, het ondersteuners op die punte van hul stoele gehad. Ondanks die naelskraapse nederlaag, was daar uitblinkers aan Ermelo se kant.

Lusanda Nkosi is aangewys as die speler van die wedstryd onder die voorspelers, terwyl Boetie Mangane met die louere as die beste agterspeler weggestap het.

Nickey Jansen van Rensburg. Foto | René Joubert

Nadat Ermelo Rugbyklub vir ‘n jaar lank op die kantlyn gestaan het, het die spelers behoorlik hul stewels vir die 2026-seisoen afgestof.

Die amptelike voorbereiding het reeds op 25 Februarie op die AJ Swanepoel-stadion se B-veld afgeskop.

Oefentye is elke Maandag, Woensdag en Donderdag vanaf 18:00 tot 20:00.

Belangstellendes kan die volgende persone kontak vir meer inligting: Nikki van der Walt by 082 775 9538, Vincent Sonnekus by 082 802 8446 of Henkie Jacobsz by 084 674 3436.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button