Sport
Oud-Errie wen goud by ASA kampioenskap
Oud-Errie Kryn Romijn het goud gewen by die ASA-veld- en baankampioenskappe.
Kryn Romijn, ’n oud-leerder van Ermelo Hoërskool, het onlangs goud verower tydens die ASA-veld- en baankampioenskappe.
Romijn het die wedloop in ’n tyd van 45;79 s voltooi.
Hierdie prestasie plaas hom tans as die sesde vinnigste atleet in Suid-Afrika.

Internasionaal beklee hy ook ’n sterk posisie en is tans 12de op die wêreldranglys vir 2026.
Hoërskool Ermelo het hom gelukgewens met sy prestasie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



