Sport

Hengelaars trotseer ysige weer tydens Trichardtsfonteindam-kompetisie

Plaaslike hengelaars het onlangs die winterkoue trotseer tydens ’n hengelkompetisie waar Henk Widd die swaarste sak vis ingeweeg het.

Plaaslike hengelaars het onlangs ‘n bitterkoue dag langs die dam trotseer tydens ‘n hengelkompetisie wat op

30 en 31 Mei by Trichardtsfonteindam aangebied is.

Volgens die klubvoorsitter, Jaco Oosthuizen, was die toestande uitdagend weens die koue weer, maar dit het nie deelnemers daarvan weerhou om hulle lyne in die water te kry nie.

Henk Widd het die kompetisie gewen deur die swaarste sak vis van die dag in te weeg.

Oosthuizen het tweede plek behaal, terwyl Shakir Mahomed in die derde plek geëindig het.

Willem Lizamore het die toekenning vir die grootste baber ontvang, terwyl NJ Dekker as die junior wenner aangewys is.

Oosthuizen het bygevoeg dat belangstellendes wat by die klub wil aansluit, hom by 082 336 6937 kan kontak.

Meer inligting oor komende kompetisies en byeenkomste is ook beskikbaar op BASA se Facebook-blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button