Local sport

Sias Greyling wys veggees in intense Moer ’n Boer-geveg teen Carel Davin

Greyling se geveg teen Carel Davin het die gehoor laat regop sit tydens Moer ’n Boer se tweede seisoen in Pretoria.

Morgenzon se Sias Greyling het Saterdag, 20 September, sy moed en krag getoets toe hy in die Heartfelt Arena, in die hok geklim het teen Carel Davin as deel van Moer ’n Boer se tweede seisoen.

Die geveg was ’n intense kragmeting wat Greyling se deursettingsvermoë duidelik gewys het. Hy het sy swaar linker, boks- en skopwerk ingespan wat duidelik spreek van sy voorbereiding vir die geveg.

Daarenteen het Davin se aanhoudende vorentoe beweegn en ysterken vir Sias probleme ingehou.

Sien al die gevegte: HIER 
Ná drie rondes het Davin eindelik die oorwinning behaal, maar Greyling het sy naam gevestig as ’n vegter waarmee rekening gehou moet word.

Greyling het maande lank voorberei met plaaslike afrigters en klubs, en sê hy sien hierdie ervaring as die begin van sy pad in gemengde vegkuns: “Ek wil nie op hierdie noot afsluit nie. Ek sal nou by die kleiner amateurgevegte begin en myself weer opwerk,” het hy aan die Hoëvelder gesê.

Hoewel Greyling die geveg verloor het, het hy groot respek gewen.

Sy voorbereiding saam met plaaslike klubs en sy deursettingsvermoë het gewys dat hy nie net vir die plaaslewe gebou is nie.

Maak seker om die ronde vir ronde verslag in hierdie week se gedrukte uitgawe van die Hoëvelder te lees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button