EHS-atlete wys hul staal op die baan en veld in Nelspruit
Die atlete van Hoërskool Ermelo het verskeie podiumplekke en eerste plekke tydens die atletiekbyeenkoms in Nelspruit ingepalm.
Dit was ’n naweek van puik prestasies en blink medaljes toe die Errie-atlete op 24 Januarie die baan en veld van Hoërskool Nelspruit met mening aangedurf het.
Hoërskool Nelspruit, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Afrikaanse Hoër Seunskool en Hoërskool Rob Ferreira het deelgeneem aan die byeenkoms.
Die uitslae vir die dag was soos volg:
Dogters o. 14
• Milan Zwarts: 1500 m – derde
• Denicke van Zyl: verspring – tweede
• Ziené Griesel: spiesgooi – derde
Dogters o. 15
• Margolé Marx: 200 m – derde
• Marizé Cilliers: 800 m – derde, 1500 m – derde
• Inge Prinsloo: hoogspring – derde
• Megan Herbst: verspring – eerste
Dogters o. 16
• Liané Cilliers: 800 m – tweede, 1500 m – tweede, 400 m-hekkies – derde en verspring – eerste
• Lizé van der Merwe: verspring – tweede
• Carla Burgers: gewigstoot – derde
• Julie Uys: diskusgooi – derde
Dogters o. 17
• Telisa Olivier: 100 m – derde, 400 m – derde, 100 m-hekkies – derde, 400 m-hekkies – tweede
• Aletha Kloppers: 3 000 m – derde
Dogters o. 19
• Marlioné Erasmus: 100 m – tweede, 200 m – derde, 400 m – tweede
• Elané Nel: 400 m – derde
• Loriesa Swart: hoogspring – derde
Seuns o. 14
• Nian Oosthuizen: 800 m – derde
Seuns o. 17
• Mnqobi Mabuza: 1500 m – tweede, 3 000 m – tweede
• Tafadzwa Cithande: 110 m-hekkies – eerste
• Motsweni Thumelo: 400 m-hekkies – derde
• Asanda Mathe: verspring – derde
Seuns o. 19
• Luan Greyling: 400 m – eerste, 800 m – derde
• WJ Pretorius: 400 m-hekkies – derde, verspring – derde
• HJ Hobkirk: spiesgooi – derde.



