Fietsry-opedag op Ermelo bou kinders se selfvertroue
Laerskool JJ van der Merwe se leerders het vanoggend basiese fietsryvaardighede by Ligbron Akademie vir Tegnologie geoefen.
Laerskool JJ van der Merwe se leerders het op 7 Februarie die basiese vaardighede van fietsry by ’n opedag by Ligbron Akademie vir Tegnologie beoefen.
Die aktiwiteit het sterk klem gelê op veiligheid, met verpligte valhelms vir alle deelnemers. Ouers was welkom om hul kinders aan te moedig en die oggend saam te geniet.

’n Snoepie het sorg gedra vir lekkernye en koeldrank, wat baie welkom was in die bloedige somerson, terwyl braaivleisvure geurige reuke die lug ingestuur het.
Die dag het aan die kinders die geleentheid gegee om hul balans, selfvertroue en pret op twee wiele te ontwikkel.
Klik op die onderstaande foto om al die foto’s te besigtig.




