Local sport

Ermelo-stoeiers wen 12 medaljes tydens SA-kampioenskap

Met afrigters wat passievol raad gee en ondersteuners wat elke wedstryd meeleef, het Ermelo Stoeiklub se stoeiers hul harte uitgestoei om 12 medaljes by die SA Grieks-Romeinse kampioenskap te verower.

Die reuk van sweet in die stoeisaal, afrigters wat aanhoudend instruksies uitroep en ouers wat van die kantlyn af ondersteun, was aan die orde van die dag toe Ermelo Stoeiklub se stoeiers op 30 Mei aan die 2026 Suid-Afrikaanse Grieks-Romeinse Kampioenskap in Pretoria deelgeneem het.

Die klub het die dag met ’n totaal van 12 medaljes afgesluit nadat die stoeiers teen van die land se beste talent meegeding het by die Noord-Gauteng Stoeisaal.

Die dag het vroeg begin toe stoeiers vir die amptelike inweeg aangemeld het.

Kort daarna het deelnemers en afrigters aan die tradisionele optog deelgeneem voordat die eerste wedstryde begin het.

Vir die volgende bykans 12 ure het die matte gewemel van stoei-aksie.

Beamptes het sorgvuldig toesig gehou oor elke wedstryd, terwyl afrigters vanuit die hoeke hul stoeiers aangemoedig en taktiese raad gegee het.

Op die pawiljoene het ouers, familie en ondersteuners elke punt, greep en oorwinning intens dopgehou.

@highvelder

Ermelo Stoeiklub het op 30 Mei tydens die 2026 SA Grieks-Romeinse kampioenskap uitgeblink en hul merk teen die land se beste stoeiers gemaak. Die span het altesaam 12 medaljes ingepalm. #Stoei #wrestling @SAwrestling

♬ Path of Light – Líricus Instrumental

Wen of verloor, het die Ermelo-stoeiers deurgaans vasberadenheid en deursettingsvermoë getoon.

Elke wedstryd het sy eie uitdagings gebied, maar die span se voorbereiding en harde werk het vrugte afgewerp.

Zion Leonard (blou) in aksie. Foto | René Joubert


Die goue medaljewenners was Zion Leonard, Luke Anderson, MJ de Villiers, Kyle Breytenbach en WP Human.

David de Wet, JC de Villiers en WP Human het elk ’n silwer medalje verower.

Brons medaljes het gegaan aan Owen Jevon, Llewellyn Strydom, Gillaume Strydom en MJ de Villiers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button