Local sport

Motorfietsryers maak hul merk by Farm Jam

Plaaslike motorfietsryers het op 6 Junie uitstekende uitslae by die derde rondte van die Farm Jam-reeks in Belfast behaal.

Verskeie plaaslike motorfietsryers het op 6 Junie aan die derde rondte van die Farm Jam-reeks, wat by The Oak Tree Farm in Belfast aangebied is, deelgeneem.

Die byeenkoms het sowat 257 ryers gelok, met deelnemers wat in verskeie klasse om topposisies meegeding het.

Foto | Action in Motion


Stiaan van den Heever was een van die uitblinkers van die dag. Hy het die S2 Pro-klas gewen en die kompetisie in die derde plek algeheel afgesluit.

Willem Jacobsz het ook in die S2 Pro-afdeling deelgeneem en ‘n vyfde plek behaal.
In die S3 Pro-klas het Paulus van Niekerk sy plek op die podium verseker met ‘n derde plek.

Foto | Action in Motion

Gustav van Niekerk nog ‘n podiumplek vir die groep ingepalm het deur tweede in die 85cc-klas te eindig, terwyl Johanco Dippenaar sewende geëindig het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button