Opwindende begin vir JJ-krieketspanne
JJ van der Merwe se krieketspanne het hul seisoen op 'n belowende noot begin, met twee spanne wat hul eerste wedstryde gewen het.
Laerskool JJ van der Merwe se krieketspanne het die nuwe seisoen op ‘n opwindende noot afgeskop.
Die o. 9A-span het Laerskool Goedehoop op 27 Julie met vyf paaltjies geklop, terwyl JJ se o. 9B-span teen Piet Retief se o. 9A-span te staan gekom het.
Ondanks ‘n dapper poging het die span met 86 lopies verloor.

Op 28 Julie het die o. 10A-span die wenpad voortgesit deur Laerskool Goedehoop met sewe paaltjies te verslaan.
Die o. 11A-span het hard geveg, maar kon nie die oorwinning verseker nie en het met ses paaltjies teen Goedehoop verloor.

Foto | Monica Liebenberg
Die o.12A-span kon nie die mas opkom teen Laerskool Goedehoop nie en het met 175 lopies verloor.
Die o.13A-span het met 32 lopies in ‘n naelbytstryd die knie gebuig.



