Local sport

Ligbron o. 15A-span wen Noordvaal Skild-eindstryd teen Secunda

Die Liggies het ’n indrukwekkende seisoen afgesluit met ’n oorwinning wat hulle as Noordvaal Skildkampioene bekroon het.

Ligbron se o. 15A-span is die afgelope naweek as Noordvaal Skildkampioene gekroon ná ’n oorwinning oor Hoërskool Secunda.

Die Liggies het in Saterdag se eindstryd met 20-15 teen Secunda geseëvier om ’n besonder suksesvolle seisoen op ’n hoogtepunt af te sluit.

Die span het al hulle wedstryde gedurende die seisoen gewen en slegs gelykop gespeel teen Hoërskool Secunda.

Secunda het rustyd met ’n 8-12-voorsprong binnegegaan, maar die Liggies se tweedehelftepoging het vrugte afgewerp en hulle het die kragmeting met 20-15 gewen.

Juan Lee Conradie was verantwoordelik vir twee van Ligbron se drieë, terwyl Kabelo Mashile ook gaan druk het. Motheo Mogajane se akkurate skopwerk het vir die res van die span se punte gesorg.

Die oorwinning plaas Ligbron algeheel derde in die Noordvaal Skildafdeling en rond ’n seisoen af waarin die o. 15A-span ’n indrukwekkende rekord opgebou het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button