Local sport

Ermelo-stoeiers blink uit by 5de MSV- en Pumatjiekampioenskap

Ermelo Stoeiklub het op 12 September die 5de MSV- en Pumatjiekampioenskap aangebied, waar plaaslike stoeiers verskeie medaljes ingepalm het.

Ermelo Stoeiklub het op 12 September die vyfde MSV- en Pumatjiekampioenskap by Sport Inn aangebied, waar stoeiers in verskeie ouderdoms- en gewigskategorieë meegeding het.

Die proewe vir die Noordvaalspan het tydens die kampioenskap plaasgevind.

Die Pumatjie-stoeiers het vroegoggend die dag afgeskop.

Die klub het ook die derde plek in die geesbeker behaal.

Ermelo-stoeiers het verskeie medaljes in die Vrystyl- en Grieks-Romeinse afdelings verower.

In die Vrystyl Presidente Skole-afdeling het Luke Anderson goud en JC de Villiers silwer verower, terwyl JP Joubert vierde geëindig het.

Ewan de Wet het goud in sy gewigsklas behaal.



David de Wet het ook goud verower, met MJ de Villiers wat silwer behaal het en Gilliaume Strydom vierde geëindig het.

Llewellyn Strydom en Awian Steynberg het elk goud in hul onderskeie gewigsklasse verower.

Zion Leonard het silwer en Simon van der Merwe brons behaal, terwyl Phillip van Dijk goud verower het.

Wynand van der Westhuizen, WP Human en Owen Jevon het elk goud in hul onderskeie gewigsklasse behaal.

In die o. 6-Vrystyl-afdeling het Neil Greyling silwer verower, terwyl Bastian Coetzer silwer en Eckhardt Buskes brons in die o. 7-afdeling behaal het.



Luan Stander en Ewan het elk goud in die o. 8-Vrystyl-afdeling verower. DeAndre Burger en Thomas-Jay van der Walt het silwer behaal, terwyl Efrayim Ernst brons verower het.

Die o. 9-Vrystyl-afdeling het verskeie medaljes opgelewer. Keanu van Loggerenberg en Zion het elk goud verower, terwyl JP, Nantus Buskes, Ruan Marais en Albert Fivaz silwer behaal het.

In die o. 10-afdeling het JC en Llewellyn goud verower. Ruben Bisschoff en Jonatan van der Merwe het silwer behaal, terwyl Neil Basson brons verower het.

Die o. 11-Vrystyl-afdeling het ook sterk resultate gelewer. Werner Burmeister, Wian van Zyl en Luke het goud verower, terwyl Genico Olivier silwer en Petrus van der Merwe brons verower het.



In die o. 13-Vrystyl-afdeling het David, Awian en Phillip goud verower. Simon, MJ, Nathan Stander en JD Anderson het silwer behaal, terwyl Gilliaume brons verower het.

Kyle Breytenbach en Lohan van Niekerk het goud in die o. 15-Vrystyl-afdeling verower. Owen en Dawid Fourie het silwer behaal, terwyl Josiah van der Merwe brons verower het.

AJ van Niekerk het goud in die o. 17-Vrystyl-afdeling behaal, terwyl WP goud in die o. 20-afdeling verower het.

In die Grieks-Romeinse afdelings het Neil silwer in die o. 9-afdeling behaal, terwyl Ruben goud in die o. 11-afdeling verower het. Josiah het silwer in die o. 15-afdeling behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button