Local newsNews

Nommer asseblief …

Ses bejaardes het elk 'n splinternuwe Alcatel-intreevlakselfoontjie ontvang.

Ses bejaardes van die Jack Cotton tehuis kan nou weer lekker met hul familie en vriende gesels aangesien hulle elkeen ‘n nuwe selfoon ontvang het.

Ses Alcatel-intreevlakselfoontjies is destyds aan Caxton Gemeenskapskoerante Wes-Rand (waarvan die news deel is) geskenk en koppe is toe bymekaar gesit oor wat met hierdie foontjies gedoen gaan word.

Die news-redakteur, haar span en die takbestuurder het toe besluit om die foontjies aan bejaardes te skenk wat meer waarde daaruit sal put.

Janine Viljoen saam met Nettie Carstens.
Janine Viljoen saam met Nettie Carstens.

Die foontjie is baie eenvoudig om te gebruik en die knoppies is lekker groot.

Die news het Betsie Stokes van die Emmers vol Liefde organisasie genader om te help om ses bejaardes te identifiseer.

Poppie Mostert, Nettie Carstens, Trudie Nagel, Lena Farinha, Babes van der Merwe en Poppie Jacobs het elk ‘n foontjie ontvang en kon nie genoeg dankie sê vir hulle nuwe kommunikasiemiddels nie.

“Dit was ‘n vreugdevolle ervaring. Die blydskap op hul gesigte is kosbaar en ek is waarlik bly ons kon ‘n handjie vol bejaardes van hierdie behoeftige gemeenskap ‘n bietjie help,” sê news-redakteur Janine Viljoen.

Skakel gerus vir Stokes by 082 684 9974 indien jy ‘n behoefte het om die Jack Cotton bejaardes te help.

news redakteur Janine Viljoen en Poppie Mosters. Sy het nie 'n selfoon gehad voordat die news haar besoek het nie.
news redakteur Janine Viljoen en Poppie Mosters. Sy het nie ‘n selfoon gehad voordat die news haar besoek het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button