Local newsNews

Kerk vier 100ste bestaansjaar

Die kerk is al vir 100 jaar op dieselfde plek geleë.

Die Volle Evangelie Kerk Krugersdorp vier vandeesmaand hul 100ste bestaansjaar. Vir die gemeente en nasate van rolspelers wat oor die eeue heen deel was van die kerk is dit ‘n merkwaardige gebeurtenis.

Daar word al van voor 1914 boek gehou van gemeentegebeure maar dis vandeesmaand presies 100 jaar gelede dat die kerkgebou in Krugersdorp-Wes in gebruik geneem is en waar daar vandag steeds dienste gehou word.

Volgens pastoor Danie van der Westhuizen wat tans die gemeente lei het ‘n myner – SP Ferreira – die Volle Evangelie Kerk begin op die standplaas waar dit vandag steeds op die hoek van Herbertlaan en Fisherstraat staan.

“Die standplaas is by ‘n tannie Schmidt gekoop,” sê hy.

“Dr Saaiman (eertydse moderator van die Volle Evangelie Kerk in SA) was die eerste pastoor wat by Ferreira oorgeneem het,” vertel hy.

Na dr Saaiman het pastoor AB du Plessis oorgeneem en gedurende hierdie tyd het hulle die eerste steengebou op die standplaas gebou.

Van der Westhuizen en sy vrou Annelie wat onlangs van Port Elizabeth af Krugersdorp toe verhuis het sê dat hulle elke oomblik in die dorp geniet en klaar ‘n hegte band met die mense van die dorp gevorm het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button