‘n Groep vriende het op 3 November hulle jaarlikse manne-aand gehou.
Die funksie was ten bate van verskeie liefdadigheidsorganisasies.
Die Drummer Boys (Martin Prinsloo, Nick Breet en Lukas Klopper) het besef dat daar nie altyd in oud en jonk in hul gemeenskap se basiese behoeftes voorsien word nie.
“Die fondse wat ingesamel word, word gebruik om die organisasies tydens Kersfees en ook reg deur die jaar te bederf,” het Nick gesê.
Vanjaar het hulle R184 000 ingesamel danksy 178 plaaslike besigheidsmanne. Tydens die manne-aand is niks opgeveil nie, maar daar is wel donasies ‘verkoop’.
Plaaslike besighede soos West Rand Pack, Hollywood Costumes en Joe’s Slaghuis was slegs ‘n paar van die besighede wat donasies gegee het.
Die aand was ‘n reuse sukses en hulle beoog om elke jaar meer en meer mense in nood te help.
Verwante artikels:
Kinderhuis breek weg van gewone konsep
